"Pumula is alles wat jy nodig het vir `n wegbreek uit die stad. Ons is hartlik deur die gas..."
"Pumula is alles wat jy nodig het vir `n wegbreek uit die stad. Ons is hartlik deur die gasvrou Ronel ontvang. Die omgewing en uitsig is pragtig. Die hele Lodge word baie goed instand gehou die en jy kan met jou eie voertuig rondry om die wild te besigtig op jou eie tyd. Die fasatiteite by die dam is uitstekend en die onnodige lang gras is netjies gesny, Die stap roetes is baie duidelik gemerk en die "splash pool" by die eenheid word elke dag versorg. Die eenheid self het alles in wat nodig is en baie netjies en skoon, die linne is van `n uitstaande gehalte. Ek kan met n geruste hart Pumula Lodge Modimolle aanbeveel"